Waarheen nou?


Partykeer wonder n mens… waarheen is die Here met my oppad? En om eerlik te wees het dit my amper n jaar gevat om weer die lig te sien en uit te sien na elke nuwe dag! Toe ek wel besef dit gaan nie altyd oor my nie, maar dalk eerder oor die groei van die Koninkryk het dinge vir my bietjie meer sin gemaak.

Ek is steeds in n posisie waar ek elke dag met mense werk… my fokus het tans net na die kleiner hartjies van ons samelewing verskuif! Klein mensies wat daagliks op soek is na die liefde van ons Vader, die goedheid en genade van Jesus en die leiding van die Heilige Gees.

Dit was en is nie elke dag maklik nie, maar op n manier kan ek steeds my passie uitleef. Dié woorde van Habakuk beteken vir my baie, want dit het my laat beweeg toe ek baie kere wou stilstaan.

“Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos die van n ribbok, op hoe plekke laat Hy my veilig loop.” Habakuk 3:19

Ek weet nie noodwendig hoe my pad vorentoe lyk nie, maar wat ek wel weet is dat die Here saam met my loop en dat Hy my wil gebruik. Hy sal my die krag gee om te besef dat ek sterker is as wat ek aanvanklik gedink het en dat ek ander dalk in hulle soektog kan help om die Een te vind wat hulle klein lewentjies kan verander!

Mag julle ook met sekerheid weet dat die Here met elkeen oppad is en al lyk jou pad vir jou dalk vol klippe en rotse… mag jy weet dat die Here ook saam met jou op jou pad is.

One thought on “Waarheen nou?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s